WOENSDAG, 3 September het SNP se junior atlete aan ‘n pret interskool atletiekbyeenkoms by Creston College deelgeneem.
Die atlete het dit baie geniet en goeie wilskrag en uithouvermoë getoon. Hulle het ook Saterdag aan die PSSP se atletiekbyeenkoms deelgeneem. Die seuns aflos O/11 rekord is verbeter. Baie geluk aan al die atlete wat net hul beste gelewer het. Baie dankie al die ouers vir hul positiewe ondersteuning asook PSSP vir hul gasvryheid.
Suid-Natal Primêr het die afgelope naweek hul eerste gholfdag, by San Lameer, gehou. Al die borge word bedank vir hul mildelike bydrae asook almal wat deelgeneem het om hierdie ‘n baie suksesvolle dag te maak. ‘n Baie groot dankie gaan aan Theresa Meyer wat alles, namens die skool, gereël het – jy mag maar!

