DIE Suidies landloopspan het aan die Creston interskole landloop kompetisie deelgeneem. Atlete van Creston, Southcity en Suid-Natal het teen mekaar meegeding.
Paul Saaiman, Charles Thompson en Rachel Sinyagapi het eerste in hul onderskeie ouderdomsgroepe gekom.

Paul en Rachel was ook die eerste Suidie-seun en -dogter op die dag. Baie geluk aan hulle en ook aan al die deelnemers wat met sulke entoesiasme gehardloop het. Die landloop kompetisie seisoen het afgesluit, maar daar word reeds hard vir volgende jaar se KZN liga-reeks geoefen.
Tien Suidies atlete het Saterdag gaan deelneem aan die Treverton byeenkoms te Mooirivier.

Drie atlete behaal eerste plekke en staan ‘n goeie kans om in die streekspan opgeneem te word: Verae Kritzinger, Samanthé van der Merwe en Nikkie Grobler.
Komende gebeure: Vryday, Sept 12 – gholf, Scottburgh; Vrydag, Sept 12 en Saterdag, Sept 13 – prefek kamp, Sweetdale.
