JILLl Rawlins, wat as matrone by Hoërskool Suid-Natal se koshuis gewerk het, sal altyd onthou word vir haar gebak en brou in die kombuis. Jill het afgetree, maar soos almal haar ken, gaan sy nie stil sit nie en het reeds ‘n pos in Underberg aanvaar.
Glodi Klopper het besluit om haar vlerke te sprei en het ‘n onderwyspos in Abu Dhabi aanvaar. Sy sal beslis op Suidies se sportgronde ‘n groot leemte laat.

Die skool sê dankie vir albei personeellede se positiewe bydrae gedurende die afgelope paar jaar en wens albei voorspoed toe in hul nuwe poste.
Die LSEN Afdeling stel met trots hul prefekte vir 2015 bekend. Komende gebeure: Oktober 13 – skole heropen.
