SUID-Natal Primêr se nuut-verkose Suidie prefekte het die afgelope naweek ‘n leierskamp te Sweetdale bygewoon. Lewensvaardighede is verbeter waaronder wedersydse respek, ondersteuning en nederigheid maar net ‘n paar eienskappe is waaraan gewerk is. Praktiese, avontuurvolle aktiwiteite soos om met vlotte oor ‘n dam te roei in die reën was baie geniet en elke leerling het ‘n sertifikaat ontvang.
Die skool wens al die nuwe prefekte baie geluk en verder al die leerlinge ‘n voorspoedige laaste kwartaal toe, die laaste skof voor die eind eksamen.
SNP wil graag vir onderwyseres Kerry-Lynn O’Connor, al die personeel, al die borge, asook al die leerlinge wat lang ure hard gewerk het aan die onlangse ‘Suiderland Sirkus’ produksie baie geluk wens. Elke minuut was die moeite werd en die skool is trots op dit wat aangebied was.
