DIT is die eerste keer in Hoërskool Suid-Natal se geskiedenis dat 'n tweeling as hoofseun en hoofdogter gekies is. Hoofleiers vir 2015 is tydens die jaarlikse prysuitdeling aangekondig en die skool is baie trots op al vier leerlinge wat tot hierdie amp verkies is. Hulle is voorspoed toegewens met die take wat voorlê.
Suidies het die afgelope 5 jaar die ‘Pienk Parade’ ten bate van borskanker gereël en heelhartig ondersteun. Hierdie projek word in alle opsigte deur leerlinge hanteer en so inspireer jongmense mekaar deur diep in hul harte en beursies te kyk om ander in moeilike omstandighede te ondersteun.
These young pupils made unselfish choices by spending their precious free time to raise money on Saturdays at different malls on the South Coast. It is heart-warming to see them encourage one another to approach strangers to collect much-needed money for this worthy cause.
