SUID-Natal Primêr het die afgelope week gemengde resultate op die krieketveld behaal.
Teen Port Shepstone Senior Primêr het die junior B span goed gewen. Verlede Saterdagoggend het die reën meeste wedstryde teen Creston College in die wiele gery, behalwe vir die senior B span wat kon speel en gemaklik met 43 lopies gewen het.
Geluk aan al die seuns wat deurentyd, met goeie gedrag, die skool se naam hoog gehou het.
Die Arts, Film and Video Forum (AFVF) het verlede Saterdag ‘n gala-aand kunskompetisie gehou en SNP het heelwat inskrywings gehad.

Die skool is baie trots op Ankia Stander wat derde plek vir haar juweelontwerp behaal het. Leierskandidate van die landsdiensklub het hierdie projek kom ondersteun.
Gr 7 leerlinge leer tans van verskillende tekstiele en meer spesifiek van brandbestande kleredrag. Roy Antrobus het ‘n demonstrasie met ‘n brandweeruniform kom doen waartydens leerlinge meer van persoonlike beskermingstoerusting (PBT) kon leer.
