NewsSchools

SNP se gr R het baie geleer

Baie dankie aan alle ouers wat die gr R leerlinge kom ondersteun het.

SUID-NATAL Primêr se gr R klassies het voorwaar ‘n interessante 2014 gehad met baie nuwe dinge waarvan hulle geleer het. Onder andere het hulle geleer van herwinning en self baie oulike en oorspronklike uitrustings van afvalmateriaal ontwerp.

Naderhand het hulle ook geleer van sierduiwe en dit was ‘n nuwe ervaring vir baie leerlinge wat nog nooit hierdie mooi duiwe van naby besigtig het nie.

Die gr R leerlinge het hierdie jaar se buitemuurse-aktiwiteite afgesluit met ‘n jaarlikse pretswem gala. Almal het dit baie geniet en elke leerling het ‘n sertifikaat vir deelname ontvang.

Verlede week het die skool se krieketseuns teen Margate Primary gespeel. Baie geluk aan die O11, sowel as die eerste span, wat albei gemaklik gewen en goeie sportmanskap getoon het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button