SNP ouers stel belang
Vier landsdienspersoneellede het verlede naweek opleiding by Natalia-oord ontvang.
SUID-NATAL Primêr bedank die 459 ouers wat die oueraand, sowel as die inligtingsaand bygewoon het. Met sulke goeie belangstelling kan dit net voorspoedig gaan met die skool in 2015.
Met die drukkende weer wat die afgelope tyd beleef is, was dit vir die gr 2s heerlik om langs die swembad aan ’n waatlemoen te smul. Hulle het sommer terselfde tyd hul woordeskat, deur eie ervaring, oor smake en geure uitgebrei.
Vier landsdienspersoneellede het verlede naweek opleiding by Natalia-oord ontvang en almal is nou reg vir die jaar wat voorlê. Onnie Quinton O’Dwyer is op die hoofbestuur vergadering gevra om die jeug te verteenwoordig en is voorspoed toegewens.
