Local newsNewsSchools

SNP swemmers voltooi Midmar Myl

Die Suidie oueraand was baie suksesvol en nuwe leerlinge voel nou al lekker tuis.

WELGEDAAN aan Carla Kretzschmar, André Nell en Micaela Comins wat die Midmar Myl suksesvol voltooi het. Verlede week se Suidie oueraand was baie suksesvol en nuwe leerlinge voel nou al lekker tuis.

Die gr 3 leerlinge hou al swemuitdunne vir die gala wat die einde Februarie plaasvind. Gr 3 se markdag is in die vooruitsig en ouers wat so hard werk en die skool so getrou ondersteun is hartlik bedank.

Baie geluk aan die eerste, sowel as die O11 krieketspanne wat die afgelope week teen Margate Primary gewen het. Albei wedstryde was in goeie gees gespeel met puik kolfwerk deur Marco Henning en Zachlu Coetzee tydens die O11 wedstryd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button