NewsSchools

SNP leerlinge koel af op die glybaan

Landsdienslede het ’n bedrywige naweek gehad wat Vrydag begin het met ’n baie suksesvolle markdag.

SUID-NATAL Primêr se gr 4 leerlinge het goed aangepas en is hard aan die werk. Verlede week het hul die roetine verbreek en lekker afgekoel op die glybaan.

 Gr 4 leerlinge (van links) Khrysten le Roux, Karin van Wyk, Jenny Pienaar en Ellri van Zyl geniet die glybaan soveel dat die skuim spat.
Gr 4 leerlinge (van links) Khrysten le Roux, Karin van Wyk, Jenny Pienaar en Ellri van Zyl geniet die glybaan soveel dat die skuim spat.

Landsdienslede het ’n bedrywige naweek gehad wat Vrydag begin het met ’n baie suksesvolle markdag. Die ware kon enige valentyn se hart bly maak. Hul eerste klubkamp het gevolg met meer as 130 leerlinge, onder toesig van vyf onderwysers en vyf studente. Hulle het in goeie luim konsert gehou, gesing, oulike handwerk gedoen en baie geleer, maar min geslaap.

Landsdieners Carmen Thompson (links) en Wilmarie Labuschagne slaan tent op vir die eerste klubkamp van die jaar.
Landsdieners Carmen Thompson (links) en Wilmarie Labuschagne slaan tent op vir die eerste klubkamp van die jaar.

SNP se sportspanne het die afgelope week aan die nagreeks by Port Natal deelgeneem. Hokkie dogters het hul goed van hul taak gekwyt en gelykop teen Kloof geëindig. Die netbal en rugby was opwindend en goeie ondervinding vir almal.

Die O10 en O11 krieket spannetjies het teen Izotsha gespeel en alhoewel hul verloor het, was dit goeie krieket. Welgedaan aan almal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button