NewsSchools

HSN landsdieners gee kleur aan Valentynsdag

Suidies het vyfde geëindig en die O14 span het drie rekords laat spat.

LANDSDIENERS moes ywerig rondskarrel met kaartjies, sjokolade en bestellings om Valentynsdag met opwinding en fleur aan te bied. Ook kon hul met oortollige energie en so ‘n bietjie romanse hul Valentysokkie geniet.

Die Suidies swemspan het aan die Kingsway gala deelgeneem. Daar was 10 skole en Suidies het vyfde geëindig met die O14 span wat drie rekords laat spat het.

Krieket: O14 Suidies vs Izotsha – beste kolwer, Tiaan Swart teken 21 lopies aan. Beste bouler, Jacques Joubert neem 2 paaltjies. O15 Suidies vs SCS – beste kolwer, Leenan le Roux teken 12 lopies aan. Beste bouler, Hein Vos in 3 beurte staan hy 19 lopies af en neem 2 paaltjies. Suidies verloor met 7 paaltjies. 1ste Suidies vs SCS – beste kolwer was Jaodan Arlow en beste bouler was Sibusiso Ngqengelele. Suidies verloor met 5 lopies in die laaste boulbeurt.

Komende nagreeks gebeure: Februarie 19 – netbal; Februarie 20 – rugby; Februarie 24 – hokkie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button