NewsSchools

SNP bespreek tegnologiese stelsels

SNP het onlangs uitgeblink in ’n pret gala by Kuswag en vanuit 23 aflos items, het Suidie swemmers 14 eerste plekke behaal.

PNEUMATIESE en hidrouliese stelsels is verlede week deur Suid-Natal Primêr se gr 7 leerlinge in tegnologie bespreek, waar hulle dit prakties uitgebeeld het in take wat hul gemaak het.

Die junior spesiale klas het verlede week van vars groente en vrugte geleer, en besef dat gesonde kos nie noodwendig vervelig is nie.

Swemmers (agter, van links) Suné de Wit, JP Myburgh, Simone Kuilder, Carla Kretzchmar, André Nell, (voor) Megan Wolvaardt, Jeandre Joubert, Danica Pretorius en Rafe Lombard.
Swemmers (agter, van links) Suné de Wit, JP Myburgh, Simone Kuilder, Carla Kretzchmar, André Nell, (voor) Megan Wolvaardt, Jeandre Joubert, Danica Pretorius en Rafe Lombard.

Landsdieners het verlede naweek ’n area kamp te Winkelspruit gehad waar hulle ondermeer krappe gejaag het, geswem, by Splashworld gebaljaar en oulike handwerk gedoen.

Yolanda Victor het die Suidie Ligdraers verlede Donderdag weer herinner aan die krag van die naam van Jesus. Dit was ’n asemrowende geleentheid.

Die eerste rugbyspan het 10-5 gewen teen Jim Fouché Laerskool en Brandon Coleman en Anton Botha het drieë gedruk.

SNP het onlangs uitgeblink in ’n pret gala by Kuswag en vanuit 23 aflos items, het Suidie swemmers 14 eerste plekke behaal. Welgedaan Suidies, die skool is trots op julle!

Gr 7 leerlinge (van links) Reyneke de Wet, Gizelle Botha en Dewald Ras met hul voltooide tegnologie take.
Gr 7 leerlinge (van links) Reyneke de Wet, Gizelle Botha en Dewald Ras met hul voltooide tegnologie take.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button