SUID-NATAL Primêr bedank die 408 ouers wat verlede week die oueraand bygewoon het. Met sulke positiewe belangstelling, kan dit net goed gaan met leerlinge.
SNP het die afgelope naweek hul vyfde Hibiskusfees aangebied en het afgeskop met die talentfees. Met vyf kore, drie dansgroepe, ’n orkes, blokfluit ensemble en 16 opkomende sterre, is daar weereens besef hoeveel talent daar op die Suidkus is.
Verlede Saterdag het die dag van groot pret uiteindelik aangebreek en almal, van groot tot klein, het hulself geniet met die verskeidenheid speletjies, heerlike kosse, interessante stalletjies, asook die vermaak in die arena. Daar was ook groot opwinding en sterk kompetisie op die sportveld. Robbie Wessels het die fees op ’n hoogtepunt afgesluit.
Baie dankie aan al SNP borge, ouers en personeel wat almal meer as hulle deel gedoen het. Sonder hulle sou die Hibiskusfees nie so groot sukses gewees het nie. Die skool wens almal ’n rustig en genotvolle vakansie.
