NewsSchools

Suidie Ashké word opgemerk

Uit 20 skole het die Suidie hokkiedogters vierde geeindig.

ASHKÉ Theron het die Margate netbal-kliniek wat deur Suid Afrikaanse O21 afrigter Louise du Plessis en SA speler Precious Mthembu aangebied was bygewoon en is as die beste speler van Hoërskool Suid-Natal aangewys. Die skool wens Ashké geluk vir haar harde werk en toewyding wat deur die bobaas afrigter en speler van die Proteas raakgesien was.

Die eerste span hokkiedogters was onlangs op ’n hokkietoer te Potchefstroom waar hulle aan die toernooi deelgeneem het, sowel as klinieke bygewoon waar hulle nuwe vaardighede aangeleer het. Uit 20 skole het die Suidie hokkiedogters vierde geeindig. Die skool is trots op die meisies en wil verder dankie sê aan almal wat gehelp het met die fondsinsamelings vir hierdie toer. Groot dankie aan afrigters Marike Durrheim en Lance Grobler vir hul opoffering en harde werk om die geleentheid vir spelers moontlik te kon maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button