NewsSchools

Suidies dring deur na rugby proewe

Baie geluk aan die ses swemmers wat die Ugu swemspan gehaal het.

DIE vakansie is iets van die verlede met SNP leerlinge fluks aan die werk. Elf O12 en sewe O13 seuns het verlede Dinsdag deurgedring na die volgende ronde van die Laer Suidkus rugby proewe. Welgedaan seuns! Baie dankie aan die Allison Family Trust en KFC vir die borg van die eerste span se nuwe rugby truie. Suidie seuns lyk spoggerig en is gereed vir die seisoen wat voorlê.

Nege netbal dogters wat deurgedring het na die ‘All Ages Provincial Trials’ wat hierdie Vrydag (24ste) plaasvind is sterkte toegewens. Baie geluk aan Rafe Lombard, Megan Wolvaart, Jeandré Joubert, Carla Kretchmar, Suné de Witt en ‘JP’ Myburg wat die Ugu swemspan gehaal het.

Vir Landsdiens klubkamp by SNP die afgelope naweek, het leerlinge ‘plakkerhutte’ gebou en heerlike bunny chows geëet. Al beheerraadslede is opgelei deur Fedsas (Federation of Governing Bodies of SA Schools) en Arista en is nou slag gereed om hul drie-jaar termyn aan te durf.

Suid-Natal Primêr eerste span spelers (van links)  Kian Joubert, Brandon Coleman, Thinus Bester en Anton Botha spog met die nuwe rugby truie wat geborg is deur die Allison Familie Trust en KFC.
Suid-Natal Primêr eerste span spelers (van links) Kian Joubert, Brandon Coleman, Thinus Bester en Anton Botha spog met die nuwe rugby truie wat geborg is deur die Allison Familie Trust en KFC.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button