SUIDIES het hul area- en klubkamp terdeë geniet. Sewentien leerlinge het met groot entoesiasme by Winkelspruit gaan kamp en hul gate uitgeniet met dag en nagaktiwiteite. Opregte dank aan Lucy Jones van die Durban area vir ’n opwindende kamp.

Die Suidies-landsdienskamp was ook ’n reuse sukses met ’n ‘boemelaar’ tema en landsdieners moes self hul skuilings bou en weer afbreek na ’n nag van ‘harde’ slaap. Baie dankie aan onderwyseresse Nicolet Schütz en Mariaan Rheeder vir al die opoffering en reëlings om die kampe moontlik te gemaak het.
Suidies netbaldogters en rugbyseuns het teen Werda letterlik vir Dawid gewys waar die wortels begrawe is. Al HSN netbalspanne en rugbyspanne het met uitstekende hoë tellings gewen. Saterdag het die eerste span hokkiedogters aan die Spar toernooi deelgeneem en vyf wedstryde gespeel waarvan hulle een gewen het, twee gelykop beëindig en twee verloor.

