SAAM met die draai van die seisoen het Suid-Natal Primêr se graad twee leerlinge herfs prakties ervaar. Hulle het hul verbeelding laat gaan en droë herfsblare omgeskep in ’n verskeidenheid van blomme, bome, krimpvarkies, skoenlappers en collages.
Baie geluk aan die O11 Suidie rugby seuns wat vir die Suidkus rugbyspan gekies is, asook aan hokkie dogters Suné de Wit (O12), McKayla du Bruyn (O13), Samantha Bredell (O13) en Meliska Jansen van Vuuren (O13) wat onlangs gekies is vir die Ugu hokkiespan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
