GRAAD 3 Suidies is baie gretig en ywerig besig om vir hul mammas en oumas ietsie spesiaal vir Moedersdag te maak. Die skool wens al die mammas gelukkige Moedersdag vir Sondag, 10 Mei, en hoop almal geniet hierdie spesiale dag.
Die hokkie, netbal en rugby spanne het verlede week teen Izotsha Primary gespeel. Die junior A en B spanne en die senior B span het baie mooi gespeel, maar hulle het ongelukkig verloor. Baie geluk aan die senior A span wat 1-0 gewen het.
Geluk aan albei die junior A en eerste netbal spanne wat gewen het, asook aan al die rugby seuns vir hul puik spel en sportmangees op die veld. Alhoewel die 011 span verloor het, was hul spel goed. Baie geluk aan die eerste span vir ’n puik oorwinning – hou so aan vir die seisoen wat voorlê!
The South Coast Herald is also on Facebook and Twitter – why not join us there?

