NewsSchools

HSN redenaars praat sake uit

Cindi-Mari Buitendagh is as junior wenner aangewys en Carla du Plessis het met die senior titel weggestap.

HOËRSKOOL Suid-Natal se jaarlikse interne redenaarskompetisie het Donderdag plaasgevind waartydens deelnemers hard gespook het om sake uitgepraat te kry. Cindi-Mari Buitendagh is as junior wenner aangewys en Carla du Plessis het met die senior titel weggestap.

Die skool is baie trots om te sê dat al vier redenaarspanne deur is na die semi-finale rondtes. Baie geluk aan elke Suidie wat die afgelope week deelgeneem het om HSN se naam hoog te hou.

Suidies kry ’n uiters suksesvolle sportnaweek agter die rug met die hokkie, rugby en netbalspanne wat baie goed teen Gelofte gevaar het en die skool is baie trots op al die oorwinnings wat behaal is. Die skaak, volleyball en gholfspanne het uitstekende resultate gelewer.

To receive news links via BBM, add us using the pin 2BABF7D1.

The South Coast Herald is also on Facebook and Twitter – why not join us there?

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button