HOËRSKOOL Suid-Natal sportspanne het ’n ongelooflike, suksesvolle naweek agter die rug met alle rugby, netbal en hokkie spanne as oorwinnaars uit die stryd getree. Die eerste KZN landloopliga is ook goed op dreef en het onderskeidelik in Queensburgh en Westridge deelgeneem waar al 17 Suidies in hul verskeie ouderdomsgroepe onder die top tien geëindig het. Baie geluk landlopers, die skool is baie trots.
HSN se gholfspan het verlede week aan ’n gholftoernooi by die Durban Countryklub deelgeneem waar hulle baie goed gevaar het. Die skaakspanne is ook volstoom aan die gang en het hul baie goed van hul taak teen Grosvenor gekwyt.
Baie dankie aan elkeen wat die skool Saterdagaand kom ondersteun het om van die Juanita du Plessis vertoning so ’n reuse sukses te gemaak het. Opregte dank aan Wim Buitendagh en sy span wat die geleentheid moontlik gemaak het.
DID YOU KNOW?
Click on the words highlighted in red to read more on this and related topics.
To receive news links via BBM, add us using the pin 2BABF7D1.
The South Coast Herald is also on Facebook and Twitter – why not join us there?
