NA ’n week van ‘geesvang’, het die jaarlikse kragmeting tussen Suidies en Sheppie aangebreek.
Reeds van vroeg af het al die geesdriftige hokkie, netbal en rugbyspelers vir naelbytwedstryde gesorg. Daar was pragtige sportmangees ervaar en die hoogtepunt was beslis die kragmeting tussen die eerste rugbyspanne.

HSN is ongelooflik trots op die seuns wat hul harte uitgespeel het om as oorwinnaars met ’n eindtelling van 20-17 uit die stryd te getree het. Die skool salueer julle.
Komende gebeure: Eksamens – 2 tot 25 Junie: gr 10-12; en 8 tot 25 Junie: gr 8-9; skoolvakansiedag 15 Junie en openbare vakansiedag 16 Junie jeugdag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
