SUIDIE Thinus Bester het ’n uitmuntende prestasie behaal in karate. Hy het ’n vyfde plek behaal in kata O12/13 by die ‘Zone 6 African Internationale’ kampioenskappe en sy Protea klere verwerf. Baie geluk aan Suid-Natal Primêr onderwyser Donovan Mulder wat sy agtiende Comrades Marathon voltooi het in 11 uur, 28 minute.
Gr 7 leerlinge is druk besig om hul tegnologie ‘mini-pat’ te voltooi. Modelle van selfoon torings word na deeglike beplanning voltooi.
Suidie junior hokkie spanne het verlede week teen Port Edward Primary gespeel en die skool bedank Port Edward vir die geleentheid. Baie dankie aan Kuswag vir ’n suksesvolle dag verlede Saterdag en dankie aan almal wat gespeel het. Almal word hartlik uitgenooi na SNP se jaarlikse wintersport wat plaasvind hierdie komende Saterdag, 6 Junie. Hoop om almal daar te sien!

