SUID-NATAL Primêr se SPO-seniors het interessante eksperimente gedoen deur vaste stowwe te meng en te skei en die groot uitdaging het gekom toe hulle olie en water moes skei. Leerlinge het ook die verdampingsproses van vloeistowwe baie leersaam gevind.
Landsdieners het verlede week ’n baie gesellige besoek by Mbango Valley afgelê en bejaardes vermaak met voorsang, blokfluit-items en het selfs ’n dansie gedoen.
Dankie aan Margate Primary vir goeie hokkie wedstryde verlede week. Die hokkie dogters het baie goed gespeel.
Sport het geseëvier toe buurskole en ander van so-ver as Durban by SNP se jaarlikse winter sportdag kom deelneem het verlede Saterdag. Dit was ‘n uiters suksesvolle dag met mooi sonskyn, heelwat pret en heerlike eetgoed. Die skool bedank almal wat ’n aandeel hierin gehad het.
