HOËRSKOOL Suid-Natal is ongelooflik trots op die vier landsdieners en matrikulante naamlik Josh du Plessis, Carla du Plessis, Ilze de Wet en Adél van Wyk, wie Springbok toekennings ontvang het. Hul aktiewe deelname, pligsgetrouheid en toegewydheid oor die afgelope vyf jaar het vrugte afgewerp wat die hoogste verwagtinge oortref het.
Carla du Plessis was ook tydens die streekskamp as kampleidster gekies waar sy HSN se naam hoog gehou het. Opregte gelukwensinge vanaf die skool en die landsdiens. Die skool bedank ook al die borge opreg vir die finansiële bydrae om die streeks en nasionalekampe vir leerlinge moontlik te maak.
Ten spyte van die gure weer, het ’n groep landsdieners verlede week Port Shepstone se strand help skoonmaak. Elkeen was met ’n swartsak gewapen en teen die einde van die middag was ’n groot deel van die strand silwerskoon agtergelaat. Dankie aan die brawe landsdieners vir die skoonmaakprojek.

