SUID-NATAL Primêr gr 4 leerling Simoné Ferreira is voorwaar ’n Suidie om op trots te wees.
Sy het verlede vakansie aan ‘n vroue gholf toernooi in Orkney, Noord-wes provinsie deelgeneem. Simoné het die finale dag gewen en algeheel vyfde geïendig.
Sy het baie goed gevaar vir die KZN Foundation te Southbroom, Margate, Port Shepstone en Wilde Kus en sal Suid Afrika verteenwoordig by die World Junior gholf toernooi in North Carolina, Amerika, vanaf 24 Julie tot 5 Augustus.
Gr 4 leerlinge het die kwartaal sommer ywerig weggespring. Hulle werk baie hard en oefen atletiek. Vir kuns moes hulle hul teken vernuf wys en dit was ’n groot uitdaging!
Derde kwartaal monitors was verlede Vrydag besig met groepwerk opleiding waar probleemoplossing, praktiese aktiwiteite en pretwerk die vaardighede toets en verbeter. Leerlinge het dit terdeë geniet.

