HOËRSKOOL Suid-Natal se atlete het verlede Vrydag aan ’n nagreeks byeenkoms in Pinetown deelgeneem en Saterdag aan die Kingsway byeenkoms te Amanzimtoti. Altesaam sestien skole van regoor KZN het aan Saterdag se byeenkoms deelgeneem en net die room van hierdie skole se atlete het deelgeneem.

Die kompetisie was straf, maar Suidies atlete spog met baie goeie uitslae. Leenan le Roux het ook die victor ludorum toekenning by Vrydag se byeenkoms ontvang.
Baie geluk aan Wensel Schonken, wie aan die KZN junior gholf stigting toernooi deelgeneem het en tweede plek in die C-afdeling te Southbroom-baan behaal het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
