SUID-NATAL Primêr se gr 7 leerlinge het verlede week ’n uiters suksesvolle markdag gehou. Die voorbereiding was aan ekonomiese bestuurs wetenskap gekoppel en geassesseer. Voorkoms, produkkeuse, advertensie, kommunikasie, begroting, ensomeer was aangespreek en leerlinge het hul pragtig van hul taak gekwyt.

Die skool se paviljoen was stampvol met leerlinge verlede Donderdag toe ‘Ligdraers’ gekuier het. Die boodskap het gehandel oor elkeen van ons se taak, en dat dit eintlik gesien kan word as ’n mens se ‘avontuur of geheime missie’.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
