SUID-NATAL Primêr musiek leerlinge het onlangs die voorreg gehad om deel te neem aan die eisteddfod te Creston onder leiding van Greta Bredell. Vanuit 25, het agt leerlinge nege goue medaljes gekry en die res silwer. Baie geluk Suidies en dankie aan Creston vir die goue geleentheid.
Suidies het aan Creston College se landloopbyeenkoms deelgeneem en vier wenners en drie tweede plekke verower. Sestig gr 4 leerlinge was bevoorreg om deel te wees van Supersport se ‘Let’s Play’. Hulle moes die hindernisbaan soveel keer moontlik voltooi in 45 minute en dit was groot pret.
Geel, blou en rooi het meegeding in goeie gees by die skool se interhuis twee weke gelede. Geluk aan Anjerie Niemandt, Nicky Oosthuizen, Duncan Vroom en Tommy Davies wat rekords verbeter het in hul onderskeie aktiwiteite. Die rooispan het gewen, terwyl die geelspan die geesbeker verower het. Baie dankie aan al die ouers wat atlete geondersteun het.

