NewsSchools

SNP hou markdag

Dis wonderlik om te sien hoeveel SNP leerlinge die Ligdraers byeenkomste bywoon.

SUID-NATAL Primêr se gr 1 klasse het verlede Vrydag markdag gehou. Leerlinge het soos regte entrepreneurs opgetree en hul ware verkoop. Dankie aan al die moeders wat gehelp het om die ware te maak en die finansies te laat klop met die regte kleingeld.

Dis wonderlik om te sien hoeveel SNP leerlinge die Ligdraers byeenkomste bywoon. Die skool is dankbaar vir die sprekers wat Christelike boodskappe bring. Dit is baie goed vir die skool!

Verlede Dinsdag het Suidies ? atletiekbyeenkoms te Creston bygewoon en die gr 1,2 en 3 leerlinge het dit baie geniet! SNP bedank Creston vir ’n genotvolle dag. Atlete het deelgeneem aan die Engelse skole atletiekbyeenkoms verlede Saterdag. Goeie resultate is verkry en die skool bedank Southcity en Izotsha Primary vir hul puik reëlings.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button