SUIDIE Diaan Bester het onlangs aan die ISMAA Goju Ryu Gasshuku byeenkoms deelgeneem waartydens hy vir sy senior swart belt gekwalifiseer het en gradering met Shodan status behaal het. Diaan is die afgelope sewe jaar deel van die South Coast Shorei Martial Arts Academy, waar Coenie Vrey die sensei is.
HSN wens Cindi-Mari Buitendagh baie sterkte toe met haar verkiesing om aan die tweede rondte van die KZN jeugkoor einde Oktober te gaan deelneem. Suidies is sommer baie trots op jou, Cindi-Mari.
Die skool nooi ouers van die 2015 matrikulante uit na die afskeids-kerkdiens in die skoolsaal hierdie Vrydag, 16 Oktober, vanaf 11vm.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
