DRIE Hoërskool Suid-Natal atlete is onlangs gekies vir die Pietermaritzburg Distrikte-Atletiekspan wat verlede Saterdag in Bloemfontein deelgeneem het. Spanne van regoor die land het aan hierdie prestige byeenkoms deelgeneem.
Jeandré Day het uitstekend in die gewigstoot seuns O17 gevaar en ’n briljante eerste plek behaal. Bronwin Day-Garden het ’n goeie vierde plek in die O16 meisies spiesgooi behaal en Müller Booyens het weggeloop met ’n briljante tweede plek in die O17 seuns spiesgooi.
Hoof Marie Botha, personeel en mede-Suidies wens elke Suidie-matrikulant baie sterkte toe met die matriek-eindeksamen wat volgende Maandag (26 Oktober) in aanvang neem. Boodskap aan matrieks 2015 – Filippense 4:13 ‘Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.’
