SUID-NATAL Primêr se gr R leerlinge het verlede week 16 verskillende soorte sierduiwe van naderby beskou. Baie dankie aan ‘Oom’ Wimpie Jansen van Vuuren wat hulle vir hulle kom wys het. Die SPO2 leerlinge het hul lywe ruimtevaarders gehou en al die planete ondersoek, waarna hulle hul eie sonnestelsel gebou het.
SNP se redenaarsklub het weer bewys hul redenaarsvermoë is van hoëgehalte. Die klub se 18 lede in die junior- en seniorafdeling lede het onderskeidelik op 21 en 22 Oktober te Suid-Natal Primêr deelgeneem aan ’n redenaarskompetisie. Die seniorafdeling is beoordeel deur ’n goed saamgestelde paneel georganiseer deur die plaaslike ATKV-tak, naamlik Dr Mike Heaney, Colette Stander en Johan Pretorius.
Gelofte het ook deelgeneem aan die seniorafdeling redenaarskompetisie. Terugvoer van die beoordeelaars na afloop van die kompetisie was dat leerlinge se praatjies van uiters hoë standaard was. Hartlike dank aan die ATKV-Suidkustak wat die tyd geneem het met hul professionele beoordeling.

