NewsSchools

SNP hou fiets en kaskar marathon

Daar is ongeveer 1 296km afgelê tydens Vrydagaand se byeenkoms.

SUID-NATAL Primêr se gr 1 leerlinge is tans besig met die tema diere en sal gedurende hierdie week hul eie stories oor troeteldiere skryf. Volgende week leer hul meer oor wilde diere.

Tydens die onlangse fietsry en kaskar marathons het ouers en leerlinge heerlik saam gekuier. Om die energie hoog te hou, is daar ook gebraai en piekniek gehou tussendeur. By die junior fietsry marathon het die ‘Hawaii’ stalletjie gewen en die ‘Spoke’ het koning gekraai by die senior fietsry marathon. Daar is ongeveer 1 296km afgelê tydens Vrydagaand se byeenkoms. Dankie vir almal se spanwerk!

Beamptes van die brandweer het verlede week gr 7 leerlinge besoek as deel van vierde kwartaal LO en tegnologie. Hulle het meer oor die beroep geleer en wat dit vereis om ’n brandweerman te wees, asook oor die uitrusting wat tydens ’n brand gedra moet word en al die eienskappe daarvan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button