SUID-NATAL Primêr se gr 2 leerlinge het ’n baie suksesvolle markdag agter die rug. Nie net het hulle lekker gebak en gebrou nie, hulle het ook hul wiskunde geoefen met die verkoop van hul ware. Die junior en senior A en B spanne het verlede week krieket gespeel teen Creston College. Goeie kolf, boul en veldwerk is gelewer. Mooi gespeel seuns.
Suid-Natal het weereens ’n suksesvolle mini-krieket byeenkoms aangebied en 192 aspirerende Protea spelers van agt skole het goeie kolf- en boul-vertonings gelewer. Dankie aan al die ouers vir die goeie ondersteuning, asook aan al die ouers wat die finansiële jaarvergadering bygewoon het verlede week.
