HOËRSKOOL Suid-Natal is baie trots op die leerlinge wat gedurende die jaar met toewyding aan hul verskeie sport en kultuuraktiwiteite deelgeneem en presteer het. Muller Booyens is as atleet van die jaar aangewys; Charles Thompson en Michelle Kretzchmar as swemmers 2015 en Michelle was ook as sportvrou 2015 aangewys.
Joalize Saayman en Marizaan Wagenaar deel die hokkiespeler toekenning; Amanda Smit is netbalspeler en Josh du Plessis word as rugby, krieket, aksie-metbal en gholfspeler aangewys. Josh stap ook met die sportman van die jaar, sowel as sportloopbaan beste weg. Op die kultuurgebied is René de la Rey as beste spreker in Engels aangewys en Carla du Plessis is redenaar van die jaar; mees veelsydigste spreker, asook die Rapportryerskorps se kultuurtoekenning wenner vir 2015.

