HOËRSKOOL Suid-Natal se gr 12 vakpryswenners word beloon vir hul harde en toegewyde werk. René de la Rey ontvang die lewenswetenskappe toekenning, Bonnita de Beer vir beste vordering in CATN en JP Mostert vir beste prestasie in CATN. Melissa de Wet ontvang die toekenning vir die mees veelsydige leerling in Engels, terwyl Ilze de Wet met die rekeningkunde en handelsvakke pryse wegstap.
Linda van der Spuy ontvang die fisiese wetenskapprys en deel die Engelse vakprys met Maryna Viljoen. Maryna ontvang ook die wiskunde toekenning. Simoné Booysen behaal die hoogste prestasie in ingenieursgrafika asook siviele tegnologie en lewensorientering. Joalize Saayman ontvang die verbruikerstudies en geografie toekenning en deel die beste prestasie in Afrikaans met Carla du Plessis. Carla ontvang ook die beste prestasie in wiskunde geletterdheid, besigheidstudies, asook die toekenning vir mees veelsydige leerling in Afrikaans.
Hartlike dank aan al die borge vir hul ruim bydraes om toekennings aan gr 12 leerlinge moontlik te kon maak en baie geluk aan die gr 12 leerlinge.
