NewsSchools

HSN vereer Josh en Michelle

Hierdie twee uitmuntende atlete het hard gewerk om die titels as sportman en vrou van 2015 te verdien.

MICHELLE Kretzchmar is as Suidie sportvrou van 2015 aangewys. Sy het vanjaar in swem, atletiek en hokkie uitgeblink en is in die KZN swemspan opgeneem. Sy was ook vir die distrik hokkiespan gekies, op die atletiekbaan het sy aan drie interskole byeenkomste deelgeneem en sy is ook as junior victrix ludorum aangewys.

Josh du Plessis, wie as sportman van 2015 aangewys is, het vanjaar in rugby, krieket, gholf en aksienetbal uitgeblink. Hy het aan die KZN rugbyproewe deelgeneem en is ook vir die O19 SKZN Reitzspan gekies. Op die krieketveld verteenwoordig Josh die O18 SKZN, O18 Coca Cola T20 ligaspan en O19 SKZN span. Josh was as kaptein van die eerste rugby, krieket en gholfspan aangewys. Hy ontvang ook die sportloopbaan beste toekenning vir prestasies behaal vanaf 2011-2015.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button