NewsSchools

Suidies bou ’n sprokieshuis

Die Suidies-landsdiensklub het hul afsluitingskamp oor die naweek by TO Strand gehou.

SUID-NATAL Primêr se gr 5 leerlinge het hierdie termyn ’n groot kuns projek aangepak, waar hul huishoudelike items gebruik het om ’n sprokiesverhaal huis te bou. Die huisies is uiters spoggerig en die gehalte van die werk spreek van ure se noukeurige werk.

Die Suidies-landsdiensklub het hul afsluitingskamp oor die naweek by TO Strand gehou. Met ’n groot baljaar is daar in tente gekamp, armbande gemaak, kayak gery en kleilat gespeel. Die samesang en malvalekkerbraai voor slaaptyd was hoogtepunte van die kamp.

’n Baie groot dankie van elke Suidie aan alle ouers vir hul moeite, en ook aan klub-leier Rensia Morrison wat als moontlik gemaak het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button