NewsSchools

Suidie Mckayla is die 2015 dux

Pryswenners was in sekere opsigte net so verras soos personeel en ouers.

SUID-NATAL Primêr se senior–prysuitdeling het verlede week afgeskop met leerlinge wat uitstekende toesprake voorberei het. Groot hoogtepunte onder andere is die seniorkoor wat asemrowende sang items gelewer het. Die hoogtepunt was die aankondiging van die dux vir 2015, Mckayla du Bruyn, en naaswenners Thinus Bester en Jeandré Joubert.

Kultuur toekennings het gegaan aan Richard Morrison (Springbokkleure vir landsdiens) en Wilmarie Labuschagne vir kultuur. Veelsydigste juniors en seniors is onderskeidelik Christopher du Bruyn, Liandi du Toit, Jeandré Joubert en Mckayla du Bruyn.

Sport wenners in die onderskye sportsoorte is Thinus Bester, Antoinette Harmse, Jaco Victor, Mckayla du Bruyn, Jeandré Joubert, Nicky Oosthuizen en Nicole Theron. Sportdogter en sportseun word gedeel deur Mckayla du Bruyn en Carla Kretzschmar, asook Jeandré Joubert en Thinus Bester.

Ander spogtoekennings is die prinsipaalstoekenning wat deur Makayla van Heerden ingepalm is. Die Suidie staatmaker is Aneme Ludik en kameraadskap Mckayla du Bruyn en Shane Hiepner.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button