LANDSDIENERS het Maandag en Dinsdag onderskeidelik na Mbango Valley gegaan om oumas en oupas te bederf met pragtige kaartjies wat hulle self gemaak het. Hulle het ook koekies en blomme uitgedeel en lekker saamgekuier. Verskeie items is afgelewer en dit was ‘n wonderlike ervaring om samesyn met ‘wyse gryses’ te beleef.
Gr 1 Suidies het verlede week geleer van gesondheid en gesonde eetgewoontes en die tema afgesluit met die gemaak van hul eie vrugteslaai. Gr 4 koor leerlinge het verlede Vrydag die Wêreld Biddag vir Vroue te Margate NG gemeente met hul stemme bekoor.
Suidie swemmers het hierdie week Dinsdag deelgeneem aan Creston se interskool gala. Leerlinge het puik geswem en baie eerste, tweede en derde plekke behaal. Graag wil die skool baie geluk sê aan Marnu Koekemoer, wat die O10 ouderdoms wenner en junior victor ludorum was, asook Suné de Wit wat die O13 ouderdoms wenner was.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

