SUIDIES is baie trots op gholfspan Wensel Schonken, Adriaan Schonken, Janrick Labuschagne en Jaco Janse van Rensburg wat dié roemryk Kenako toernooi gewen het. Kyle Smith en JC Smith het aan die Witness se 10km wedloop in Pietermaritzburg deelgeneem en albei het dit onder 50 minute voltooi en ’n medalje vir hierdie fantastiese tye gekry.
Verlede naweek het agt skole reg oor KZN die Landsdiens areakamp by Hoerskool Suid-Natal bygewoon. Saterdag het hulle strand skoongemaak, handvaardighede beoefen en Sondag afgesluit by die NG Kerk Port Shepstone. Baie dankie aan onderwyseresse Mariana Rheeder en Nicolet Schütz vir al die kampreëlings en dan laaste, maar beslis nie minste nie, vir Wilma de Beer, wat gesorg het vir die lekker kos.
In die hokkie wedstryd teen Werda, het die O16 hokkiespan gewen en die eerste span verloor. Al Suidies se rugbyspanne het hul wedstryde gewen.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
