NewsSchools

Suidie ster Jarischa word gekies

Rochelle Potgieter en Ankia Stander het deurgedring na die finale rondte van die EG Jansen Redenaarskompetisie.

HOËRSKOOL Suid-Natal se eerste netbalspan het aan ’n toernooi by Kingsway deelgeneem waarin Jarishca Hoffman aangewys is as die beste speler van die Suidie span, en om alles te kroon word die skool se naam hoog gehou toe sy gekies was vir die ‘All Star’ span.

Suidies het teen Kuswag verlede naweek gespeel en netbalspanne het maar swaar gekry teen die sterk opposisie. Die O16 hokkie het gewen en die eerste span het verloor. Rugbyspanne het met gemengde welslae weggestap. Die 14/15 gekombineerde span het verloor, die 16 tweede gekombineer span was gelykop en die eerste span het 21-10 gewen.

Rochelle Potgieter en Ankia Stander het deurgedring na die finale rondte van die EG Jansen Redenaarskompetisie. Die twee het as die juniorspan hul uitstekend van hul taak gekwyt. Baie geluk, die skool is baie trots.

Komende gebeure: April 16 – Spar toernooi: Kokstad; April 17 – Hokkie eerste rondte proewe O14, O16 en ope: Durban Girls College.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button