SUID-NATAL Primêr se graad sewe leerlinge sien veral uit na die kwartaal se tegnologie. Strukture word ondersoek en navorsing oor selfoontorings sal gedoen word om te leer hoe om modelle te bou. Almal is hard aan die werk om gereed te wees vir hierdie kwartaal se eksamens en handhaaf ‘n balans met sport wat tans baie kompeterend beoefen word.
Nuwe kwartaal leiers het verlede Vrydagmiddag opleiding gehad. Skoolhoof André Lourens het ’n insiggewende lesing aangebied waarna probleemoplossing in groepverband gevolg het. Onderskeie sessies is afgehandel en die middag afgesluit met baie pret.
Die eerste spanne het die afgelope naweek, hokkie, rugby en netbal teen Kuswag gespeel. Hokkie en netbal spanne het hul wedstryde verloor, maar die rugbyspan het met 53/5 gewen. Dankie aan Kuswag vir ’n lekker dag. Baie dankie aan Status Panelbeaters wat ’n sleepwa aan die skool geskenk het, dit is voorwaar waardeer.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
