SUID-NATAL Primêr se landsdienskamp gedurende die Julievakansie was ’n ware ervaring. Strandspele, ‘Minute to win it’, modeperades uit koerante, besoeke aan Natal Sharks Board, Crocworld and Splashworld is maar net ’n paar van die aktiwiteite wat die 22 landsdieners die vakansie beleef het. Suidies is baie trots op vyf leerlinge wat die nasionale groep wie in Desember Parys toe gaan gehaal het.
Verlede Vrydag was vir Suidies ’n baie groot dag. Daar was ’n hele seremonie gereël vir skoolhoof André Lourens, departementshoof Elsa Lourens, adjunkhoof Kobus Smit en Hantie Smit wat aftree. ’n Lofdans en boodskap is aan hierdie vier wonderlike mense opgedra. Hul ‘bekers loop oor’, die kore het voorgesing en die totsiens was verseker nie vaarwel nie.
