NewsSchools

Suidies vlieg die skoolflag hoog

Leerlinge het onder leiding van Gretha Bredell uitstekend gevaar in blokfluit, klavierspel en sangsolos.

SUID-NATAL Primêr se gr 1 leerlinge is baie opgewonde om met grys potlode te begin skryf. Die tema is ‘speelgoed’ en die klein leerlinge het die oulikste sinne gemaak.

Atlete het onlangs hulle regtig goed van hul taak gekwyt by die interhuis atletiekbyeenkoms en kan die Olimpiese atlete ’n ding of twee wys! Die geel span het met die wenbeker weggestap en die blou span met die geesbeker.

André Steyn en Hannes Hoffman het die afgelope naweek aan die Provinsiale Landloop byeenkoms in NewCastle deelgeneem en die skool is baie trots op hulle.

Verlede Donderdag het 21 Suidies die skoolflag hoog gevlieg toe hulle deelgeneem het aan die Creston College eisteddfod. Leerlinge het onder leiding van Gretha Bredell uitstekend gevaar in blokfluit, klavierspel en sangsolos en almal het goue medaljes verower.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button