VERLEDE Vrydag het Suid-Natal Primêr die herstelde skoolsaal ingewei.
Daar is opnuut ‘n waardering vir die fasiliteit. Die gerief en samehorigheidsgevoel word geniet deur een en almal. Ons gee ons Hemelse Vader al die eer dat Hy ons bewaar het van ‘n ramp!
Die graad 4s is altyd soos besige bye. Hulle het hierdie termyn se kuns en kultuur- aktiwiteite terdeë geniet. Pragtige lintdanse is gedoen en die opvoering van hul dramastukke was van Oscar-gehalte.
Die graad 7s bou hyskrane! Die elektromagnete, katrolwiele, knikke, stroombane ensovoorts is knap gedaan!
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
