HOËRSKOOL Suid-Natal kondig met trots aan dat Chané Venter en Francois Pretorius as hoofleiers aangewys is en Bianca van der Merwe en Jason Saayman as onderhoofleiers vir 2017. Welgedaan en baie geluk! Die skool bedank 2016 hoofleiers Jared Gross en Tami le Roux, asook onderhoofleiers Wensel Schonken en Alicia Horn vir al hul harde werk en geduld. Daar is groot skoene om te vul vir 2017 se leiers.

Suidies het ’n bed uitgeloot geskenk deur ‘The Bedshop’. Lootjies was getrek en onderwyseres Meisie Moolman is die gelukkige wenner van die splinternuwe dubbelbed. Baie dankie aan almal wat bygedra het om hiervan ’n groot sukses te maak.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
