SUID-NATAL Primêr se gr R leerlinge het hul jaarlikse kaskar-resies verlede week gehou. Die skool bedank borge Mugg and Bean (Southcoast Mall), BP Ramsgate en Property Times vir hulle bydrae. Baie dankie ook aan ouers wat kom ondersteun en die aand saam geniet het.
Leerlinge van die SPO 3 klas is besig om argitektuur te ondersoek en elke leerling moes hul eie huis ontwerp, planne optrek en ’n model bou.
Die 2016 ATKV-Redenaarskompetisie het verlede week by die skool plaasgevind en leerlinge het uitstekend gevaar.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
