SUID-NATAL Primêr se gr 1 leerlinge het spogprente geteken vir inskrywings vir Harbour View SuperSpar se ‘trolley-dash’. Dit was ’n baie moeilike besluit, maar Jaymin du Plessis was die gelukkige wenner. Hy het 30 sekondes gehad om soveel lekkers as wat hy kon in sy waentjie te laai. Jaymin het die uitdaging vreeslik geniet en was baie in sy noppies met al sy ‘inkopies’. Al die gr 1 leerlinge sien uit na ‘n lekker partytjie waar almal kan deel in die lekker eetgoed.
Die skool het die afgelope naweek ‘n sewes sportdag gehou, waar elke span uit sewe spelers bestaan. Elke span het hokkie, netbal en ‘touch-rugby’ gespeel. Die weer het mooi saamgespeel en die dag was ‘n reuse sukses. Dankie aan elkeen wat die dag saam gedeel het. Die skool sien uit na volgende jaar se sewes sportdag.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
