SUID-NATAL Primêr se kospakkie-leerlinge is verlede Vrydag bederf met ’n heerlike kerspartytjie. Die skool wil baie dankie sê aan die Lions wat vir elke leerling ’n kersgeskenk gegee het. Die kinders was so opgewonde en so gelukkig met hul geskenkies.
Baie dankie ook aan die Hervormde Kerk, Port Shepstone, vir die kos wat hul aan die leerlinge gegee het, dit was heerlik. En nog ’n groot dankie aan die vrouens van die NG Kerk, Port Shepstone, wat gesinne van kruideniersware voorsien het. Die kinders is so geseënd om soveel liefde en omgee van almal te ontvang.
Landsdiens is baie trots op Renier Jacobs, Leandrie Nel, Christel van Wyk, Carla Kretzschmar, Carmen Thompson en Janus Wagenaar (wat KZN verteenwoordig by die nasionale kamp te Parys in Desember).
Gekwalifiseerde verplegingsuster Heidi Thom het gr sewe leerlinge wat op die drumpel van hul hoërskool loopbaan is kom toespreek oor onder andere, groepsdruk, respek en gesondheid.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
